En toe was daar …

AARTAPPELS

What I say is that, if a fellow really likes potatoes, he must be a pretty decent sort of fellow.

— A.A. Milne.

Ek het lank gewonder oor wat die perfekte onderwerp sal wees vir hierdie eerste inskrywing. Dalk bietjies te lank. En nou is dit amper middagete.

Toe dink ek aan aartappels.

Mikrogolf aartappels met room en sout, om die waarheid te sê.

‘n Week terug was ek nog onbewus oor die moontlikheid van room in aartappels. Ek was ‘n aartappel-room-maagd. Room, tot op daardie oomblik, was slegs gereserveer vir koffie en soet happies, of ryspoeding. Maar ek het mikrogolf aartappels gemaak, en daar was nog ‘n bietjie room oor van die oggendkoffie … en toe … en toe … gaan die hemele oop … en die son skyn met lang helder strale. En basuine weerklink.

Ek was nog altyd kosgedrewe. (En glo my, dit tel nie eintlik in my guns nie – sug!).

Gaan ons na ‘n skou of ‘n expo, is ek altyd veel meer geintresseerd in die happies waaraan ek kan smul. Terwyl my man by elke liewe (vervelige) stalletjie stop om te gesels, is ek kompleet soos ‘n perd wat aan die stang kou in afwagting vir ietsie om aan te proe.

Want jy sien, ek is ‘n smulpaap.

April is ons Thailand toe (die eerste keer wat ek oorsee gaan), en laat ons maar eerlik wees – ek is Thailand toe om vrugte te eet. Ek het al so baie gehoor van durian, rambutans en mangosteens. En ek het van elke vrug geëet. Wat ‘n belewenis. En die Thai kosse! Yum! En Thai pynappel het gemaak dat ek nie weer my mond aan ‘n pynappel sit in sonnige Suid Afrika nie. Vrugte is SOET in Thailand. (Eintlik is baie dinge soet in Thailand).

Nou ja, terug na die aartappel toe. Ek is versot op melerige (floury) aartappels. (En dit is die enigste ding wat ek eet wat melerig mag wees. Vrugte en melerig gaan definitief nie saam nie. Ga! Sleg.)

Deesdae, met Banting, wonder ek hoeveel mense nog durf om aartappels te eet.

Tragies, eintlik, as ek daaraan dink.



Waarna ek vandag luister: Jacob Prasch - Hyper Messianic Legalisms (youtube).
Waaraan ek lees: Elders - Erns Grundling

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s